Tuesday, 03 August 2010 10:42

Bergkelder Vinotèque Wynbank bie namens die publiek by die Nederburg-veiling

Lede van die publiek sal vir die eerste keer in die Nederburg Wynveiling se 36-jaar geskiedenis by vanjaar se veiling op 3 en 4 September, kan bie op al die beskikbare wyne.

Die Bergkelder Vinotèque Wynbank het 'n verbruikersvriendelike manier bekend gestel wat dit moontlik maak vir huidige én nuwe lede om te kan bie. Woordvoerder vir die Vinotèque, Michael van Deventer, verduidelik: "Ons is ingenome om hierdie diens aan lede van die Vinotèque Wynbank te kan bied. Om deel te neem is maklik - lede kan 'n mandaatvorm om te bie in elektroniese formaat by ons kantoor aanvra, voltooi en aan ons terugstuur. Dié vorm sal dan die wyne waarop hul graag wil bie, aandui. Enigiemand wat nog nie 'n Vinotèque lidmaatskap het nie, en wat wel belangstel om aan die veiling deel te neem, is welkom om deur middle van 'n eenvoudige registrasie proses voor 16 Augustus, aan te sluit."

Vir meer inligting, kontak Michael van Deventer by 021 809 8285 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

'n Elektroniese weergawe van die 2010 Veilingkatalogus is beskikbaar op www.nederburgauction.co.za.

Nota aan die redakteur

Die Vinotèque Wynbank, gestig in 1984, is deel van die historiese Bergkelder Wynkelder geleë op die buitewyke van Stellenbosch. Dit bied lede 'n privaatkelder waarin die wyne wat hulle by die Vinotèque koop, gestoor word en sodoende onder optimale omstandighede, kan verouder. Van Deventer verduidelik: "Lede verkry toegang tot 'n aantal voordele, insluitende 'n uitstekende reeks wyne, jaarlikse verouderingsverslaë, 'n geskenkdiens en gratis aflewering, om maar net 'n paar te noem." Hy voeg by: "Die Vinotèque webtuiste (www.vinoteque.co.za) word tans opgegradeer en sal binnekort bekend gestel word met 'n aantal bykomende dienste en navigasie instrumente om ons dienste verder uit te brei."

    

All Media Coverage