Thursday, 26 August 2010 08:42

Indrukwekkende wyne beskikbaar by die 2010 Nederburg Liefdadigheidsveiling

Die 2010 Nederburg Liefdadigheidsveiling beloof om gaste met 'n aantal interessante wynitems te trakteer. Dié belangrike deel van die Nederburg-veiling vind na afloop van die hoof geleentheid op Saterdag, 4 September in die veilingsaal plaas en is oop vir alle gaste. Voornemende bieërs kan met hul kredietkaarte registreer.

Aangesien vanjaar se veiling terugkyk op 36 jaar van passie, styl en kunstenaarstalent, ontwikkel deur meer as 300-jaar van Suid-Afrikaanse wynprodusering, is dit van pas dat die eerste van die 12 items wat afgeslaan word 'n seldsame mikro-cuvée is. Dié cuvee is in 2009 deur die veel besproke Nederburg wynmaker, Razvan Macici, gemaak om 350-jaar van wynvervaardiging in die Kaap te vier. Net 300-liters van hierdie Shiraz is van een wingerdblok in Philadelphia geproduseer en word Tribute genoem om hulde te bring aan al Nederburg se eertydse en legendariese name in wynvervaardiging wat vir die huidige kelderspan as inspirasie dien. Die tweede van drie spesiale stelle, elk met 'n totaal van 65.25 liter wyn, word vanjaar opgeveil.

Ook van historiese belang is 'n item van een van Suid-Afrika se oudste wyn-handelsmerke. Zonnebloem, 'n leier in die eerbiedwaardige vernuf van wynvervaardiging sedert die vroeë 1700's, het drie 1.5-liter bottels 1978 Cabernet Sauvignon geskenk wat, volgens die huidige keldermeester Deon Boshoff, die eerste oesjaar was wat Zonnebloem in 1.5-liter bottels gebottel het.

Die oudste item by vanjaar se liefdadigheidsveiling is 'n bottel Madeira 1840 "The Rebel", geproduseer deur Newton, Gordon, Cossart & Co. en geskenk deur oudgediende Nederburg afslaer Patrick Grubb. Dié wyn se storie is dat dit in Februarie 1889 in New York gearriveer het en gebottel was deur William H. Fearing in Broad Straat 24. Dit was toe vir 'n tweede maal toegekurk op 16 April 1919, en weer in 2002 toe Patrick dit gekoop het. Die identiteit van hierdie wyn is nie bekend nie maar die feit dat en 'n dubbelkruising oor die ewenaar gemaak het, gee dit wel kasjet.

Anthony Barne, vanjaar se afslaer, het 'n spesiale bottel Chateau Latour 1986, 'n oesjaar wat stadig verouder as gevolg van 'n oorvloed van tannine en dit sodoende perfek maak om in 2016 te drink, geskenk.

Die laaste item op die 2010 veilinglys het 'n interessante storie omrede dit al van te vore al by die Nederbug Liefdadigheidsveiling opgeveil was. 'n 5-liter bottle Chateau Lagrange 1986, 'n Cabernet Sauvignon en Merlot versnit, was in 2000 geskenk deur daardie jaar se gasspreker, Mnr. Shin Torii, president van Suntory, Japan. Dit was gekoop deur Mnr. Mark Norrish vir R10 000 en was toevallig die laaste item op veiling daardie dag. Nou, tien jaar later, het Mnr. Norrish grootmoediglik hierdie wyn in sy persoonlike kapasiteit geskenk en dit sal weereens die laaste liefdadigheidsitem wees wat opgeveil gaan word.

Ander veilingdeelnemers wat vrygewiglik items vir die liefdadigheidsveiling geskenk het sluit Fleur du Cap, Annandale, Rustenberg, Vilafonté, MC Square (die eienaar Jean Luc Sweerts het vier spesiale bottels van sy privaat kelder geskenk) en Stellenzicht in.

Verlede jaar het die Nederburg Liefdadigheidsveiling naastenby R210 000 ingesamel. Die opbrengs was gelyk verdeel ten bate van die Hospice Palliative Care Association, die Organ Donor Foundation en 'n VIGS-HIV-bystand nie-regerings organiesasie, Mothers2Mothers. Die veiling se organiseerders evalueer tans verskeie projekte in die Drakenstein area om te besluit wie die begunstigdes van vanjaar se Liefdadigheidsveiling sal wees.

    

All Media Coverage